Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/14/2017

Die Linden Mark

In die hartjie van winter is dit moeilik om aan warmer dae te dink, maar die lente is sterk oppad en #marketinthepark die perfekte manier om die nuwe seisoen te vier. Stel jou voor skoenlappers, vars blou lug en lentebloeisels ...

Op Saterdag, 2 September 2017, kry die Emmarentia Botaniese tuine weer nuwe lewe wanneer jou gunsteling #marketinthepark weer plaasvind. Hier sal jy hoë kwaliteit, rare skatte ontdek insluitend vintage ontwerpers klere, antieke meubels en juweliersware, vars blomme, organise lyfprodukte, kinderprodukte, gourmet kos, Kraft bier , bubbly en wyn. Nie net is al jou lente inkopies in een betowerende plek nie, maar met iets vir almal om te geniet is dit ‘n uitstappie vir die hele gesin.

Die dag gaan weereens afskop met #yogainthepark. So kom strek al jou stress uit en asem die vars lentlug in voor jy ‘n glasie bubbly geniet. Elke dag is ‘n Mandeladag vir die 67 Blankets for Mandela - liefdadigheid wat ook by die #marketinthepark gaan wees. Kom ondersteun hierdie initiatief wat mense in nood opbou en teruggee aan die gemeenskap.

Lente is die seisoen waar die liefde blom ... kom vat ‘n hondjie vir ’n stappie en wie weet, as julle verlief raak is jy welkom om hom/haar huistoe te vat.

Ondersteun plaaslike klein-besighede terwyl jy en jou familie ‘n heerlike dag by #marketinthepark saam spandeer.

#Yogainthepark begin @ 8:00
Hekke vir #Marketinthepark maak oop @ 9:00
Kaartjies kos R20. Kinders o/12 se ingang is verniet
Facebook Event blad: https://www.facebook.com/events/110261739548364/
Webtuiste: https://thelindenmarket.com/

No comments :

Post a Comment