Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/06/2017

Moussaka / Mousaka

’n Gewilde Griekse gereg. Hierdie resep is genoeg vir 6 persone.

Olyfolie
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g lamsmaalvleis
350 g beesmaalvleis
15 mℓ komyn
Sout
Varsgemaalde swartpeper
’n hand vol origanum
30 mℓ tamatiepasta
125 mℓ witwyn
400 g gekapte tamaties
125 mℓ beesvleisaftreksel
Knippie suiker
1 kaneelstokkie
3 eiervrugte, in 1 cm skywe gesny

Die bolaag:
45 mℓ botter
60 mℓ koekmeel
625 mℓ melk
100 mℓ gerasperde parmesaan
2 ekstra-groot eiers, geklits

Verhit ’n skeut olie in ’n pan en braai die ui vir 5 minute.
Voeg die knoffel, maalvleis en komyn by en braai. Geur met sout en peper.
Voeg die origanum, tamatiepasta, witwyn, tamaties, aftreksel, suiker en kaneelstokkie by en prut vir 30 minute.

Bestryk die eiervrug met olie en geur dit. Rooster tot goudbruin.

Vir die bolaag smelt jy die botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Kook vir 1 minuut oor medium hitte.
Klits die melk by en laat dit prut, terwyl jy aanhoudend roer – vir 8 minute lank of tot dit dik is.

Roer die kaas by en geur. Verwyder dit van die hitte.

Skep ’n bietjie witsous oor die eiers om te verhoed dat dit skif. Laat dit afkoel voor jy die res van die sous byvoeg.

Pak ’n laag eiervrugte in ’n oondvaste bak en skep die maalvleis oor.
Pak nou nog ’n laag eiervrug en bedek alles met die witsous-mengsel.
Bak vir 35 minute by 200°C tot goudbruin.

No comments :

Post a Comment