Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/24/2017

Peper-sop / Pearà

5 mℓ botter
25 g beenmurg
100 g ou brood, verkrummel
2,5 liter aftreksel
Sout
Varsgemaalde swartpeper

Hierdie sop word gewoonlik as ’n eerste gang bedien voor gekookte vleisgeregte. Die water waarin die vleis gekook word, word sommer gebruik as aftreksel.

Smelt die botter en beenmurg in ’n souspan. Verwyder enige stukkies murgvet wat nie oplos nie.
Gooi die broodkrummels by en roer vir 3 minute met ’n houtlepel oor medium hitte.
Gooi die aftreksel by, sout en baie swartpeper.
Stel die hitte laer en prut vir 3 uur lank.

Pearà is die Venesiese verbuiging van die Italiaanse “pepe”, wat peper beteken.

No comments :

Post a Comment