Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/19/2017

50 Boerekosgeregte

Kyk, as Dana Snyman die voorwoord skryf, dan weet jy ...

Lekker kos is deel van Suid-Afrika se koserfenis en tradisionele boerekos beteken vir meeste mense huiskos, soos net jou ma of ouma kon voorberei.

50 Boerekosgeregte is ‘n samestelling van goed-beproefde resepte uit die kombuise van die Vroue Landbouvereninging van die Noord-Kaap.

Krap maar in hierdie pot.

Hier is resepte vir weeksdagetes, spesiale geleenthede en familiesaamtrekke, met immergroen treffers soos ‘n korslose souttert, basaarpoeding, gestolde komkommerslaai, kerrievleisvetkoeke, snoektert, karringmelkroosterkoek en groenboontjiebredie.

50 Boerekosgeregte / Vroue Landbouvereniging van die Noord-Kaap -- LAPA, Augustus 2017; 64 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799382839


50 Boerekosgeregte,
Bettie Blom,
19 Oktober 2017.

2.5

No comments :

Post a Comment