Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2017

Botterskorsie-kerrie

3 eetlepels olyfolie
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
’n fyngekapte rissie
50 g kerrie-smeer
400 g klappermelk
500 mℓ groente-aftreksel
400 g kekerertjies
½ teelepel gemaalde koljander
100 g feta, verkrummel
’n skeut lemmetjiesap
Vars fyngekapte koljander

Plaas die botterskorsie op ’n gesmeerde bakplaat en drup 2 eetlepels olyfolie oor.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas in ’n 200°C-oond vir 30 minute. Draai die botterskorsie so nou en dan om.

Braai die rissie vir 1 minuut in 1 eetlepel olyfolie en roer dan dadelik die koljander en kekerertjies by. Hou eenkant.

Verhit die smeer, melk en aftreksel saam in ’n kastrol. Prut dit vir 10 minute tot die sous begin verdik en afgekook het.
Voeg die botterskorsie en kekerertjies by en prut dit oor lae hitte vir 5 minute, of tot alles goed warm is.
Geur met ’n skeut lemmetjiesap en proe vir sout en peper.
Garneer met die vars koljander.

Bedien die kerrie saam met gekookte brokkoli en basmati rys.

No comments :

Post a Comment