Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/27/2017

Gesmoorde kalfsvleis Orloff

1 kg kalfsfilet
25 g botter
1 ui, in blokkies gesny
2 wortels, in blokkies gesny
1 selderysteel, in stukkies gesny
1 glas witwyn
250 mℓ aftreksel
Sout
Peper
Bouquet garni
2 teelepels mielieblom, gemeng met 1 eetlepel koue water

Garnering
250 g klein sampioene
10 g botter
Sout
Peper
’n skeut suurlemoensap

Bind die vleis op met tou.
Smelt die botter in ’n swaarboomkastrol, gooi die groente by en plaas die vleis bo-op. Sit die deksel op en plaas in ’n voorverhitte oond van 180°C vir 30 minute.

Gooi die witwyn oor die vleis, maak weer toe en plaas dit in die oond vir nog 30 minute.

Gooi die aftreksel oor die vleis en geur met sout. Plaas ook die bouquet garni in die kastrol.
Bedek die kastrol met waspapier voor jy die deksel terugsit.
Stel die hitte laer tot 160°C en plaas die kastrol in die oond vir 2 uur.

Berei soubise en ’n mornaysous voor.

Kook die sampioene in die botter en geur met sout, peper en die suurlemoensap.

Haal die vleis uit die kastrol en hou dit warm eenkant.
Gooi die mielieblom by die vleissous en kook tot dit verdik.

Sny die vleis in skywe en smeer elke skyf met Soubise. Rangskik die vleis op ’n opdienbord wat in die oond kan gaan.
Skep die mornaysous oor en plaas dit in ’n 200°C-oond tot dit begin verbruin, omtrent 12 tot 15 minute.

Gooi die vleissous om die vleis en dan die sampioene.

Bedien die kalfsvleis Orloff met rys en groente.

No comments :

Post a Comment