Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/15/2017

50 Hoendergeregte

Jy loop ná ’n harde dag by die huis in, daar is die reuk van hoender wat prut ...

Ja, met hierdie resepte is dit moontlik, want selfs die niekokers in jou huis sal dit regkry. Of, as jy self moet kook, dan soek jy juis hierdie resepte met bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied.

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. Die resepte bestaan uit treffers soos:

Blatjanghoender
Oros-hoender
Hoenderbobotie
Romerige hoender-stroganoff
Pikante hoender-en-lensiesop
Pynappelhoender
Hoender-en-brokkoli
Hoendersamoesas
’n Appelkoos-en-hoenderpotjie.

50 Hoendergeregte -- Lapa, November 2017; 64 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799382853



50 Hoendergeregte,
Bettie Blom,
14 November 2017.

2

No comments :

Post a Comment