Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/14/2017

Zaleti

Zaleti is ’n Italiaanse koekie. Dit staan ook bekend as “geel diamante”.

100 g pitlose sultanas, in warm water geweek vir 20 minute
200 g mieliemeel
100 g koekmeel
Sout
Die gerasperde skil van 1 suurlemoen
3 eiers
100 g suiker
150 g botter, gesmelt
50 g dennepitte
45 mℓ rum
Versiersuiker

Druk die oortollige water uit die sultanas.

Sif al die meel en sout saam in ’n mengbak en roer die suurlemoenskil by.

Klits die eier, botter en suiker saam.
Gooi die sultanas, dennepitte en rum by.

Maak ’n hopie met die meel met ’n holte in die middel.
Gooi die eier-mengsel in die holte. Werk die twee stelselmatig deurmekaar tot dit ’n deeg begin vorm. Die deeg moet baie sag wees, maar steeds vorm behou. Meng met ’n bietjie louwarm melk indien dit te styf is.

Breek klein stukkies van die deeg af en vorm klein, ovaalvormige balletjies daarmee.
Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak in ’n 180°C-oond vir 30 minute.

Strooi versiersuiker oor die koekies wanneer hulle uit die oond kom.

No comments :

Post a Comment