Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/06/2017

Boerekos met 'n twist

In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het.

Elkeen van dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is deeglik getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les” konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ’n ongekende sosialemediasukses maak.

Tussendeur help sy lesers om basiese kombuisvaardighede onder die knie te kry én sy deel nuttige raad, kortpaaie en plaasvervangers waarmee selfs groentjies vinniger, goedkoper en met meer selfvertroue vooruit sal boer in die kombuis.

Boerekos met 'n twist / Annelien Pienaar -- Human & Rousseau, 7 Julie 2017; 310 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798175005



Boerekos met 'n twist,
Bettie Blom,
6 November 2017.

2


No comments :

Post a Comment