250 g appels, wat geskik is vir kook
6 eetlepels water
1 eetlepel bruinsuiker
Knypie neutmuskaat
2 eetlepels botter
’n skeut suurlemoensap
Skil die appels en verwyder die kern.
Sny dit in baie dun skywe en laat dit lê in water waarin die suurlemoensap gegooi is.
Dreineer die appels en meng met die water, suiker en neutmuskaat in ’n souspan.
Prut dit terwyl jy gereeld roer. Hou aan tot die appels verpulp het.
Gooi die botter by en druk fyn.
Bedien dit saam met vark en eend, of selfs as nagereg.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment