Die perfekte sous om saam met koek of warm poedings te bedien.
3 eetlepels botter
170 g versiersuiker
250 mℓ suurroom
1 teelepel gerasperde lemoenskil
2 eetlepels lemoensap
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels rum
Verroom die botter en versiersuiker saam tot dit ’n gladde mengsel is.
Meng die suurroom, lemoenskil, vrugtesappe en rum.
Meng dit nou saam met die suikermengsel.
Jy kan dit dadelik bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment