Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/22/2017

Kalfsvleis met parmesaan / Vitello al parmigiano / Veal parmigiana

Italiaanse immigrante het hierdie gereg na Amerika gebring, en sedertdien het Vitello al parmigiano 'n klassieke New York-gereg geword.

4 kalfsvleiskotelette, omtrent 9 mm dik
4 eetlepels olyfolie
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 selderysteel, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 blikkie gekapte tamaties
1 koppie hoenderaftreksel
1 eetlepel tamatiepasta
1 teelepel vars, fyngekapte pietersielie
1 teelepel suiker
¾ teelepel droë basiliekruid
½ teelepel sout
’n knippie varsgemaalde swartpeper
1 eier, geklits
¼ koppie meel
⅔ koppie droë broodkrummels
2 eetlepels botter
1½ koppie gerasperde mozzarella
⅔ koppie gerasperde parmesaan
Vars basiliekruid

Plaas elke kotelet tussen lae waspapier op ’n houtplank en slaan dit plat met ’n vleishamer. Dit moet ten minste 6 mm dik wees. Droog dit af met papierhanddoek en hou eenkant.

Maak ’n tamatiesous deur 1 eetlepel olyfolie te verhit. Roer en kook die soetrissie, ui, seldery en knoffel hierin vir 5 minute.
Roer die tamaties, tamatiepasta, aftreksel, pietersielie, suiker, droë basiliekruid en sout en peper by. Bedek en prut vir 20 minute oor lae hitte.
Haal die deksel af en kook vir nog 20 minute tot die sous verdik.

Strooi die meel en broodkrummels op verskillende borde en gooi die eier in ’n bord.
Doop die kotelette, eers in die meel, dan in die eier en laaste in die broodkrummels. Druk die broodkrummels stewig vas in die vleis.

Verhit die botter en 2 eetlepels olyfolie in ’n pan tot dit medium warm is.
Braai die kotelette 3 minute aan ’n kant.

Plaas die kotelette in ’n oondbak, strooi die mozzarella oor en skep die tamatiesous oor. Strooi die tamatiesous laaste oor. Drip 1 eetlepel olyfolie oor. Bak dit in ’n 180°C-oond vir 25 minute.

Garneer met vars basiliekruid. Tradisioneel word dit saam met pasta bedien.

No comments :

Post a Comment