Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/12/2017

Risotto uit Milan / Risotto alla Milanese

500 g Arborio rys
1 ui, gekap
120 g botter
60 g beenmurg, fyngekap
120 g gerasperde parmesaan
3 eetlepels witwyn
750 mℓ aftreksel, beesvleis of hoender
½ teelepel saffraan
Sout en peper

Braai die ui en beenmurg in die helfte van die botter tot die ui goudkleurig raak.
Voeg die rys by en kook vir 15 minute terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel.
Voeg die saffraan, witwyn en aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Geur met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die res van die botter by asook die parmesaan en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment