Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/13/2017

Vermy die rye by ’n restaurant

Mense was altyd bereid om lang rye te trotseer vir hul gunsteling restaurant, maar in 2017 staan ons nie sommer meer in ’n tou nie.

Dit is egter ’n dilemma wanneer jy jou gunsteling restaurant wil besoek. Ry jy al die pad soontoe net vir ’n oneindige lang tou. Selfs al het jy ’n bespreking moet jy soms nog steed wag.

Google stel binnekort ’n nuwe funksie bekend wat jou in staat gaan stel om te sien hoe lank mense tans moet wag by ’n restaurant.

Soek gewoon vir die restaurant met Google. Indien die restaurant as ’n besigheid gelys is by Google kies jy daardie opsie en blaai af tot by “Popular Times”. Daar sal jy onder andere die huidige wagtyd sien.

Die funksie is eersdaags in Google se normale soekgids beskikbaar en sal ook binnekort op Google Maps geïmplementeer word.

No comments :

Post a Comment