¼ koppie meel
1 eetlepel suiker
Die gerasperde skil van ’n ½ lemoen
’n knippie sout
1 koppie melk
2 eiers, geklits
Botter
Dik snye Franse brood – verkieslik ou brood
Meng die melk en eiers.
Meng die meel, suiker, suurlemoenskil en sout.
Gooi die eiermengsel stadig by terwyl jy aanhoudend roer tot jy ’n pap beslag het.
Doop die brood in die beslag, sorg dat dit goed bedek is, maar nie te lank dat dit pap raak nie.
Verhit botter in ’n pan en braai die brood tot goudbruin aan beide kante. Laat die brood agterna dreineer op handdoekpapier.
Bedien dit warm.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2017
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment