Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2017

Risotto met parmesaan en hoenderlewers / Risotto alla parmigiana / Parmigiano stravecchio

500 g Arborio rys
750 mℓ aftreksel
100 g botter
250 g gerasperde parmesaan
1 ui, fyngekap
’n hand vol hoenderlewers, fyngekap
Sout en peper

Smelt die helfte van die botter in ’n pot en verbruin die uie daarin saam met die hoenderlewer.

Gooi die rys by en meng tot dit begin deursigtig lyk.
Gooi die aftreksel lepel vir lepel by en roer tot die vloeistof opgeneem is voor jy die volgende lepel bygooi.
Wanneer al die aftreksel opgeneem is geur jy die risotto met sout en peper.
Draai dan die hitte af, roer die botter en parmesaan by en plaas die deksel op. Laat dit so sit vir 5 minute voor jy dit bedien. Garneer met suurlemoenskil en pietersielie.

No comments :

Post a Comment