Sny ’n rooikool in kwarte en verwyder die binneste harde stingel. Verwyder ook enige verlepte blare aan die buitekant. Sny dit dan in dun repe. Spoel die blare af en laat dit droog word.
Smelt 3 eetlepels botter in ’n souspan en voeg die kool by. Geur met sout en peper en 1 eetlepel asyn. Bedek en kook oor lae hitte.
Terwyl die kool kook skil en ontpit jy 4 appels en sny dit eers in kwarte en dan in dun skywe.
Na 1 uur se kook voeg jy die appels by die kool en strooi 1 eetlepel bruinsuiker oor. Sit die deksel terug en kook vir nog 20 minute.
Bedien saam met gekookte vark of bees.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/19/2017
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment