Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/20/2017

Worsie-slaai / Wurstsalat

Die resep is genoeg vir 6 persone.

300 g fleischwurst, of gebruik servelaat-wors, in kwarte gesny
1 rooi-ui, middeldeur gesny en dan in dun skywe gesny
4 agurkies, in skywe gesny
30 mℓ witwyn-asyn
15 mℓ vloeistof uit die agurkie-bottel
45 mℓ sonneblomolie
2 mℓ paprika
6 radyse, in skywe gesny
Plaas- of rogbrood of pretzels
Duitse mosterd

Meng die wors, ui en agurkies.
Klits die vloeistowwe saam en voeg dan die paprika by en geur na smaak. Gooi dit oor die wors-mengsel.
Bedek die slaai met kleefplastiek en hou dit vir ten minste 2 uur in die yskas.

Sit die radyse net voor opdiening by. Sit dit voor saam met die brood, pretzels en mosterd.

No comments :

Post a Comment