Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/12/2017

Seebaars met sampioene en spinasie

2 teelepels sout
4 x 200 g seebaars-filette, met die vel aan
¼ koppie olie
850 g gekapte spinasie
250 g sampioene, in dun skywe gesny
’n blikkie krapvleis
2 eetlepels ryswyn
⅓ koppie sojasous
⅓ koppie visaftreksel

Indien jy ’n vis met die naam barramundi sien in ’n supermark koop dit. Dié vis is uiters gewild in Australië, baie gesond, op die groenlys en word deesdae verskeep na Suid-Afrika.

Hierdie resep is ’n ete vir 4 persone. Indien jy nie ryswyn kry nie, meng ’n eetlepel suiker met ’n halwe koppie witwyn – onthou om net 2 eetlepels daarvan te gebruik.

Strooi die sout oor die filette.

Verhit 1 eetlepel olie in ’n groot pan en braai die vis daarin tot bruin aan beide kante.
Hoe warm eenkant.

Gooi nou die spinasie in die pan en los tot alles verwelk het.
Voeg dan die sampioene, krapvleis en nog ’n eetlepel olie by en roerbraai vir 1 minuut.
Meng die oorblywende olie met die ryswyn en gooi dit saam met die sojasous en aftreksel in die pan.
Roerbraai tot alles verhit is.

Bedien die vis op die groente-mengsel en gooi die sous bo-oor.

No comments :

Post a Comment