Genoeg vir 4 tot 6 persone
Bereidings- en gaarmaaktyd: 20 minute
Afkoeltyd: 30 minute
Baktyd: 30 minute
Staantyd: 15 minute
Betower jou kuiergaste – selfs jou skoonma – met
hierdie indrukwekkende koek van ’n hoofmaaltyd.
Dis selfs lekker teen kamertemperatuur.
krummellaag
¼ k olie vir diepbraai
1 k vars broodkrummels
1 t droë pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
blomkool
1 klein blomkool, harde stingeldele
uitgesny en in blommetjies gebreek
1 t sout
maalvleismengsel
3 e olie vir braai
1 groot ui, fyngekap
1 knoffeltoontjie, gekneus en fyngekap
300 g maalvleis
1 t Marmite
1 e gekapte vars pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper
na smaak
eiermengsel
7 eiers
1 e gekapte vars pietersielie
1 k koekmeel
1 ½ t bakpoeier
½ t borrie
sout en varsgemaalde swartpeper
na smaak
1 k gerasperde en gemengde
cheddar- en parmesaankaas (of net
cheddarkaas)
Krummellaag: Verhit die olie in ’n diep swaarboompan
en braai die broodkrummels tot bros en bruin. Voeg die
pietersielie by en geur met sout en peper. Hou eenkant om
af te koel.
Blomkool: Plaas die blomkool en die sout in ’n kastrol en
bedek met net genoeg water. Verhit tot kookpunt en laat
liggies prut tot die blomkool gaar, maar nog ferm is. Dreineer
en hou eenkant.
Maalvleismengsel: Verhit die olie in ’n swaarboompan en
braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en
braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die maalvleis by en roer
liggies met ’n vurk sodat die vleis nie klonte vorm nie.
Voeg die Marmite by en roer die pietersielie deur. Geur
met sout en peper. Braai tot die vleis verbruin het en gaar is.
Hou eenkant om af te koel.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 22 cm-losboomkoekpan
met botter en voer met bakpapier uit. Smeer die
bakpapier met gesmelte botter.
Eiermengsel: Klits die eiers in ’n groot mengbak. Voeg die
pietersielie by en sif die koekmeel, bakpoeier en borrie by.
Geur met sout en peper en klits goed. Roer die kaas by.
Roer die maalvleismengsel by die eiermengsel. Roer die
blomkool versigtig by sodat die blommetjies nie breek nie.
Giet die broodkrummels in die koekpan en draai die pan
sodat die krummels teen die kante vassit (daar sal net hier en
daar ’n paar krummels vassit). Versprei die krummels eweredig
op die bodem van die koekpan.
Giet die vleismengsel in die koekpan en maak gelyk boop.
Bak in die oond vir 30 minute of tot ’n toetspen skoon
uitkom wanneer jy dit in die maalvleiskoek druk. Laat staan
die gaar maalvleiskoek vir minstens 15 minute om ’n bietjie af
te koel. Sit voor saam met Uiemarmelade en ’n
mengelslaai.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment