Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/21/2018

Maalvleis

In dié boek deel Karen Hart meer as 100 liplekker maalvleisresepte.

Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel.

Maalvleis is veelsydig en goedkoop. Hierdie boek bevat 'n magdom idees vir uiteenlopende, maklike en geurige maalvleisgeregte. Self 'n basiese frikkadelresep kan in iets spesiaals omtower word met alledaagse bestanddele uit jou koskas. Met resepte vir pastageregte, pasteie, piekniekbederfies en 'n groot verskeidenheid burgers, kan jy die tradisionele afskeepkind van die vleisfamilie omskep in heerlike disse - van kitskos tot etes vir die spogtafel. Leer ook hoe om jou eie maalvleis en speserymengsels te maak.

Maalvleis is propvol geurige kos-idees. Geregte wat jou huismense sal laat soebat vir meer.

Maalvleis / Karen Hart -- Human & Rousseau, 26 Januarie 2018; 160 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798175692



Maalvleis,
Bettie Blom,
21 Maart 2018.

2.5


No comments :

Post a Comment