Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/11/2018

Knoffelmossels / Garlic Mussels

Hierdie resep is genoeg vir 6 persone. Jy het omtrent 40 minute hiervoor nodig.

80 mℓ botter
50 mℓ olyfolie
2 uie fyngekap
10 knoffelhuisies gekneus
2 rissies, saad verwyder en fyngekap
400 mℓ droë witwyn
’n hand vol gekapte pietersielie
’n hand vol gekapte koljander
Varsgemaalde swartpeper
3 kg vars mossels

Verhit die botter en olyfolie saam in ’n swaarboomkastrol.
Gooi die uie, knoffel en rissies in en soteer tot sag.

Gooi die wyn, pietersielie en koljander by. Geur met swartpeper en verhit alles saam tot kookpunt.

Voeg die mossels by, bedek en laat prut vir 6 minute, of tot die mossels oopgaan.


Sit die mossels met die sous voor saam met vars brood.

No comments :

Post a Comment