Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/18/2018

Eiervrug-kaviaar / Caviar d’aubergines / Die arm man se kaviaar

Hierdie is ’n gewilde Franse gereg aan die kus van die Middellandse See.

Bak 2 eiervrugte in ’n warm oond tot sag – omtrent 1 uur.

Kap die volgende groente fyn:
1 ui
1 groen soetrissie
4 tamaties
1 knoffelhuisie
Braai die groente sag in 8 eetlepels olyfolie oor medium hitte.

Skil die gebakte eiervrugte en sny dit fyn op. Gooi dit by die ander groente.
Prut stadig tot die mengsel begin verdik. Roer dit van tyd tot tyd.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en laat dan afkoel.

Roer by 2 eetlepels witwyn, 2 eetlepels olyfolie en twee eetlepels fyngekapte pietersielie.

Bedien met dun snye Franse brood.

No comments :

Post a Comment