Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/27/2018

Nagemaakte wildsboud

Een skaapboud van so minimum 1,5 kg
250 g spek
50 g rosyne
1 knoffelhuisie, fyngekap
’n knippie sout en peper
’n knippie fyngemaalde gemmer
’n knippie fyngemaalde naeltjies
25 mℓ fyngemaalde koljander
1 ui, in skywe gesny
250 mℓ asyn
15 mℓ suiker
250 mℓ kookwater
25 mℓ meelblom
25 mℓ appelkooskonfyt

Lardeer die boud deur klein snytjies daarin te maak. Druk in elke snytjie ’n repie spek, ’n rosyntjie en ’n stukkie knoffel.
Vryf nou die boud in met die sout, peper, gemmer, koljander en naeltjies.
Plaas die boud in ’n porseleinbak en gooi die asyn oor. Laat dit vir 3 dae in die asyn marineer. Draai dit 2 maal per dag om.

Syg die marinade deur na drie dae en verdik dit met meel tot dit ’n pasta vorm.
Roer die appelkooskonfyt by die pasta.
Smeer die mengsel oor die boud.
Braai tot gaar.

No comments :

Post a Comment