Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/25/2018

Kuier saam in die Kalfiefees kuiertent

Die hart van die Kalfiefees in Hermanus is weer langs die De Wet-saal in die kuiertent.

Met toe kante en verwarmers binne, sal jy lekker droog en warm bly. Eet, drink, lag en gesels saam met medeKalfiegangers.

Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie en tee en koffie sal aanhoudend prut. Van die eetgoed sluit in: sosaties, worsbroodjies, vis, biltong en pannekoek.

Aan die naburige inwoners (en kunstenaars wat in die De Wetsaal optree) wil ons net sê daar sal nie uitbundige harde musiek tot laataand wees nie ... net ’n rustige atmosfeer met strelende klanke. ’n Kalfiefees-infohoekie is ook in die tent en Kalfiefees-komiteelede sal daar wees as jy inligting wil hê of verdwaal het!

Kalfiefees 2018

No comments :

Post a Comment