Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/19/2018

Geroosterde tamatie en knoffel sop

8 tamaties, in kwarte gesny
5 knoffelhuisies, afgeskil
2 takkies roosmaryn
Olyfolie
1 blikkie bone (baked beans)
375 mℓ groenteaftreksel
Knippie sout en varsgemaalde swartpeper
Hand vol pietersielie, fyngekap

Verhit die oond tot 200°C.

Gooi die tamaties, knoffel en roosmaryn in ’n oondpan en drup olyfolie oor.
Rooster in oond vir 45 minute.

Verwyder die roosmaryn en gooi die tamaties en knoffel in ’n soppot.
Gooi die bone en aftreksel by.
Prut vir 15 minute.

Maak die mengsel fyn met ’n voedselverwerker en geur met sout en peper. Maak seker alles is warm.

Strooi pietersielie oor en bedien met vars brood.

No comments :

Post a Comment