Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/14/2018

Vis met spinasie en olyf-en-basiliesous

750 g spinasie, skoongemaak en in stukkies gesny
⅓ koppie olyfolie
4 x 200 g stokvisfilette – enige ferm wit vis sal werk
1 eetlepel suurlemoensap
¼ teelepel rissievlokkies
1 knoffelhuisie, fyngedruk
⅓ koppie ontpitte swart olywe
¼ koppie geskeurde basilie

Gooi jou spinasie in ’n pot met ’n bietjie kookwater. Kook tot dit begin verwelk.
Dreineer, bedek en hou warm.

Verhit 1 eetlepel olyfolie in ’n pan en braai die vis aan beide kante tot bruin.
Haal uit die pan en hou eenkant warm.

Gooi die oorblywende olie in ’n skoon pan saam met die oorblywende bestanddele.
Verhit tot alles warm is; roer aanhoudend.

Bedien die vis op die spinasie en gooi dan die sous oor.

No comments :

Post a Comment