Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/24/2018

Help! Ek kry gaste vir ete

’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afhanklik daarvan.

Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.
Groot klem wor
d op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Inhoud: Begin met ’n plan; Nuttige inligting; Vrolikheid vir die glas; Souse, Gegeurde botter en Prikkelbykos; Peuselkos en Vingerhappies; Voorgeregte; Hoofgeregte; Bykosse; Nageregte; Indeks



Help! Ek kry gaste vir ete / Annabel Frere -- Penguin Random House South Africa, Augustus 2018; sagteband. -- ISBN 9781432308735

Help! Ek kry gaste vir ete,
Bettie Blom,
24 Oktober 2018.


2.5

No comments :

Post a Comment