Bak ’n groot eiervrug in ’n 200°C-oond tot sag – dit neem omtrent 1 uur.
Intussen kap jy die volgende fyn:
1 ui
1 klein groen soetrissie
4 tamaties
’n knoffelhuisie
Braai die groente en knoffel tot sag in 8 eetlepels olyfolie.
Skil die gebakte eiervrug en kap dit fyn. Voeg by die gebraaide bestanddele en braai nog 2 minute om alles te verhit.
Geur met sout en peper en laat afkoel.
Roer die volgende by die afgekoelde mengsel:
2 eetlepels witwyn
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels fyngekapte pietersielie
Plaas die “kaviaar” in die yskas om koud te word.
Bedien met Franse brood.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
11/28/2018
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment