Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/21/2018

Diepgebraaide sardientjies met geroosterde tamatiesous

24 vars sardientjie filette
Meel 4 eiers, liggies geklits
3 ½ koppies broodkrummels
½ koppie fyngekapte pietersielie
¼ koppie vars gekapte oreganum
Olie

Vir die tamatiesous:
6 tamaties, grof gekap
4 konffelhuisies
2 eetlepels rooiwyn asyn
2 eetlepels bruinasyn
1 ui, grof gekap
2 eetlepels olie

Kombineer al die bestanddele vir die sous en plaas dit in ’n oondpan in ’n warm oond vir 30 minute. Die uie moet ten minste sag wees aan die einde.

Rol die sardientjies in die meel, doop in die eier en bedek dan met broodkrummels en die kruie.
Diepbraai tot gaar en bruin.
Dreineer op kombuispapier.

Verwerk al die bestanddele in die oondpan tot ’n sous in ’n voedselverwerker.

Bedien saam.

No comments :

Post a Comment