Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/23/2019

Ham met spinasie / Jambon aux épinards

’n Mondvol in Frans maar ’n baie eenvoudige resep met eenvoudig spinasie en ham.

Smelt botter in ’n pan en verhit gekapte spinasie daarin tot dit verwelk het. Maak seker jou botter verbruin nie.

Smelt nog ’n klont botter in dieselfde pan, gooi ’n glas sjerrie by, gevolg deur dik skywe ham.
Wanneer die ham warm is, is dit reg.

Bedien die ham en spinasie saam op ’n bord.

No comments :

Post a Comment