Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/09/2019

Rawon

Rawon is ’n tradisionele Indonesiese swart sop gemaak van beesvleis en keloewek neute. Die neute gee dit die swart kleur.

Jy het nodig:

250 g beesvleis, in klein stukkies gesny
’n liter water
1½ teelepel gerasperde gemmer
3 stingels suurlemoengras
2 lourierblare
2 uie, fyngekap
3 salotte, fyngekap
3 makadamia neute, fyngekap
2 keluak / keloewek neute, fyngekap
1 teelepel fyngemaalde koljander
3 eetlepels olie
’n hand vol groenboontjies
’n hand vol versnipperde kool
Sout

Plaas die vleis, gemmer, suurlemoengras, uie en lourierblare saam met sout in die water en bring tot kookpunt.

Braai die salotte en neute saam in olie tot dit lyk of die salotte wil verbruin.
Gooi by die sop saam met die koljander en groente.
Verlaag die hitte en prut tot al die groente sag is.

No comments :

Post a Comment