Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/26/2018

Steurgarnaal en stingelui sosaties

Hierdie resep met steurgarnale en stingeluie is genoeg vir 4 persone.

Week jou hout sosatiestokkies in water vir ten minste ’n uur voor jy dit gebruik.

36 skoongemaakte steurgarnale, doppe ook verwyder
2 eetlepels lemmetjiesap
1 eetlepel olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
12 stingeluie
2 lemmetjies, in agstes gesny

Meng die steurgarnale met die lemmetjiesap, olyfolie en knoffel.
Bedek en hou in die yskas vir ten minste 1 uur.

Sny die stingeluie in stukke van 4 cm.
Ryg die garnale en die uie om die beurt op die stokkies.
Braai op die vuur of op ’n riffelpan tot die garnale van kleur begin verander.

Bedien met die skywe lemmetjie.

No comments :

Post a Comment