Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/07/2019

Spinasie-soufflé / Spinach Soufflé

680 g spinasie, gewas en in stukkies geknip
15 g botter
Sout en peper
’n knippie neutmuskaat
3 eiergele
4 eierwitte
1 eetlepel gerasperde cheddar
1 eetlepel bruingebakte broodkrummels

Sous
28 g botter
2 eetlepels meelblom
Sout en peper
140 mℓ melk

Vir hierdie resep benodig jy ’n no. 1 soufflé-bak (17,5 cm deursnee).

Stel die oond op 190°C.

Kook die spinasie vir 8 minute in kookwater.
Dreineer en druk die oortollige water uit.
Druk dit deur ’n sif en plaas terug in die kastrol.
Verhit dit oor matige hitte om van die oortollige vloeistof ontslae te raak.
Voeg die botter by en geur met sout en peper. Plaas eenkant.

Berei die sous deur die botter te smelt. Trek van die hitte af en voeg die meelblom by, geur en roer die melk by.
Voeg die spinasie en neutmuskaat by die sous. Proe vir sout.
Klop elke eiergeel apart by.

Klop die eierwit styf en vou 1 eetlepel daarvan by die mengsel.
Vou nou die res van die eierwit in en skep in ’n bereide bak.
Strooi die kaas en broodkrummels bo-oor.

Bak 25 tot 30 minute tot die soufflé uitgerys en ferm is.

No comments :

Post a Comment