250 g rooi niertjiebone, oornag geweek in water
250 g cannellini bone, oornag geweek in water
15 mℓ sonneblomolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
50 g tamatiepasta
2 blikkies gekapte tamaties
15 mℓ Worcestershire sous
10 mℓ suiker
Sout en fyngemaalde peper
’n hand vol pietersielie, fyngekap
Plaas die geweekte bone in ’n kastrol en bedek met koue water.
Bring tot kookpunt en laat kook tot die bone sag is – omtrent 20 minute.
Dreineer die bone en hou eenkant.
Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot dit begin sag word.
Voeg die knoffel by en braai ’n verdere 1 minuut.
Voeg die tamatiepasta by en braai vir nog ’n minuut.
Roer die tamaties, bone, Worcestershire sous, suiker en geurmiddels by.
Prut vir 8 minute.
Roer die pietersielie by en bedien saam met brood.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
3/13/2019
Italiaanse bone-en-tamatie bredie / Italian Bean and Tomato Stew
Sleutelwoorde:
Groente
,
Italiaans
,
Vegetaries
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment