Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/29/2019

Kabeljou filette met ’n pikante sous / Filetti di Merluzzo

1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
’n klein bossie pietersielie, fyngekap
4 eetlepels sonneblomolie
500 g kabeljou filette
Sout
1 eetlepel kappertjiesaad, gekap
4 ansjovis filette, fyngedruk
1 teelepel meelblom
1 fyngekapte rissie
Die sap van ’n suurlemoen

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en pietersilie vir 2 minute.

Plaas die kabeljou in die pan, geur met sout en verlaag die hitte.
Braai die vis aan beide kante – wees versigting daarom nie te breek nie.
Verwyder die vis uit die pan en hou eenkant warm.
Gooi die kappertjiesaad in die pan.
Roer die ansjovis filette by.

Meng die meel met ’n ⅓ koppie koue water en roer dan by die sous in die pan.
Die rissie kom laaste by.
Prut die sous vir 5 minute.

Roer die suurlemoensap by die sous en gooi dit oor die filette.

Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment