1 suurlemoen, in dun skywe gesny
1 teelepel komyn
2 teelepels paprika
1 teelepel fyngemaalde koljander
Sout en peper
1 eetlepel meel
600 g witvis filette
1 eetlepel olyfolie
¾ koppie jogurt
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels vars gekapte koljander
Verhit die olie in ’n pan en verbruin die suurlemoenskywe daarin aan beide kante.
Verwyder die suurlemoen uit die pan.
Meng al die droë speserye met die meel en strooi dit oor die filette.
Verhit die olie in die pan en verbruin die vis aan beide kante. Maak seker dit is gaar.
Meng die suurlemoensap, jogurt en koljander.
Bedien die vis op rys saam met die sous en jong wortels.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment