Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/15/2019

Vegetariese herderspastei met ’n kaas-en-blomkoolbolaag

1½ koppie droë lensies
Sout en peper
400 g mengsel van gekapte ui, wortel en seldery (gebruik gerus ook ander groente soos ertjies, mielies ens.)
250 g knopiesampioene
3 knoffelhuisies, fyngekap
50 g tamatiepasta
1 liter groenteaftreksel
’n hand vol tiemie
2 takkies roosmaryn
1 eetlepel gemaalde koljander
’n knippie kaneel

Bolaag:
1 groot kop blomkool
400 mℓ gerasperde cheddar

Soteer die groente tot sag.
Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut.
Voeg die tamatiepasta, aftreksel, tiemie, roosmaryn, speserye en lensies by en prut tot meeste van die vloeistof afgekook het.
Skep die mengsel in ’n oondvaste bak.

Voorverhit die oond tot 200°C.

Sny die blomkool in blommetjies en blansjeer tot net-net sag.
Maak die blomkool grofweg fyn.
Roer die kaas by en skep bo-op die lensie-mengsel.
Bak vir 20 minute of tot dit goudbruin is en borrels maak.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment