Rumaki is ’n Japannese peuselhappie.
Vir 24 rumaki het jy nodig:
400 g hoenderlewers, gehalveer
24 repe spek
8 skoongemaakte kastaiings, elkeen in 3 ringe gesny
24 tandestokkies
Rooster die spek op ’n plaat in die oond tot meeste van die vet afgekook het, maar die spek moet nog nie bros wees nie.
Dreineer die spek op kombuispapier.
Rol ’n stuk kastaiing en ’n halwe stuk lewer op in ’n reep spek en steek dit vas met ’n tandestokkie.
Hou dit in die yskas tot wanneer jy dit wil bedien.
Plaas dit dan onder die oondrooster tot die spek bros gebraai is.
Jy kan ook eendelewer gebruik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment