Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/14/2019

Blomkool risotto met sojasous en heuning sampioene

350 g risotto rys
1 ui, in blokkies gesny
Olyfolie
2 klein blomkool koppe, fyngemaak in ’n voedselverwerker
800 mℓ groenteaftreksel
60 mℓ voedingsgisvlokkies
250 g sampioene, in skywe gesny
60 mℓ sojasous
60 mℓ heuning
30 mℓ vars tiemie
60 mℓ gevlokte amandels, gerooster
Sout en peper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag.

Gooi die rys by en dan die aftreksel, soplepel vir soplepel. Roer tot elke lepel opgeneem is, voor jy die volgende een byvoeg.

Voeg die blomkool en gis by.
Laat dit vir 10 minute prut.

Proe vir sout en peper.

Braai die sampioene eenkant in ’n pan in olyfolie en tiemie.
Aan die einde van die kookproses voeg jy die sojasous en heuning by. Kook tot dit taai is.
Geur met sout en peper.

Bedien die risotto met die sampioene bo-op. Strooi die amandels oor.

No comments :

Post a Comment