1 eetlepel olyfolie
1 klein rooi ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 klein rissie, fyn opgesny
1 teelepel gemaalde paprika
Blikkie gekapte tamaties
2 eetlepels witwyn
1 eetlepel tamatiepasta
1 eetlepel witwynasyn
2 teelepels suiker
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel, rissie en paprika tot sag oor medium hitte.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die pietersielie, prut sonder deksel vir 15 minute.
Roer die pietersielie by en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment