Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/04/2019

Kalfslewer in rooiwyn / Veal Liver in Red Wine

Maak die kalfslewer skoon en sny dit in dun skywe.
Rol die skywe liggies in meel. Braai dit vinnig in warm botter in ’n pan.
Geur met sout en peper, ’n knippie vars tiemie, ’n knippie vars roosmaryn en ’n lourierblaar.
Gooi ’n glas rooiwyn en ’n glas consommé oor die lewer.
Plaas ’n deksel op en prut vir 20 minute.
Opsioneel: Gooi ’n blikkie klein sampioene by die laaste 10 minute.
Bedien dadelik ... met ekstra rooiwyn natuurlik.

No comments :

Post a Comment