Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/02/2010

Consommé / Dubbelsterksop


Consommé / Dubbelsterksop



Kookkuns Resepte

In die Franse kookkuns is consommé een van die vier klassieke basisse vir 'n sop of sous. Jy het die verskeidenheid van diereprodukte nodig om 'n sterk basis vir die aftreksel te maak, ryk aan gelatien.
Die ander drie is bouillon, kalfsconsommé en hoendersop.


Voorbereidingstyd: 10 minute
Kooktyd: 6 uur
Totale tyd: 6 uur 10 minute

Bestanddele:
kalfsvleis
1 beesklou
ham
1 skaappoot
bietjie hoendervleis
groente
seldery
ui
prei
sout
vars naeltjie
peperkorrel
1 grypie neutmuskaat

Metode:
Plaas die vleis in ’n sopkastrol. Vul die kastrol met tweemaal soveel water as wat daar bene en vleis is. Laat dit stadig – baie stadig – opkook; skep die skuim gedurig af.

Laat dit ’n uur lank kook en sit dan die groente in – enige soort – saam met seldery, uie, preie, ’n paar naeltjies, sout, peperkorrels en ’n grypie neutmuskaat. Laat dit dan stadig vir 5 ure kook, skep enige vet af en gooi dan deur ’n moeseliendoek.

Die kleur van die consommé sal wissel na gelang van die vleis wat jy gebruik het.

Dit kan nou net so as sop bedien word of as basis vir ’n ander sop gebruik word.

No comments :

Post a Comment