Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/29/2020

Boontjies vir enige okkasie / Smashed Beans

1 eetlepel olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 teelepel paprika
1 teelepel komyn
1 teelepel gemaalde koljander
1 fyngekapte rissie
1 eetlepel gedroogte aftreksel
1 blik boontjies
1 blik tamatie en uie
1 eetlepel tamatiepasta
1 teelepel Tabasco
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
’n skeut suurlemoensap
Sout en peper na smaak

Verhit die olie in ’n pan.
Braai die ui daarin tot dit begin deurskynend raak.
Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut.
Voeg al die speserye by en meng.
Dreineer die boontjies en gooi by die mengsel.
Druk van die boontjies fyn met ’n vurk.
Voeg die tamatie en uie en die Tabasco by.
Prut oor lae hitte tot die meeste vloeistof verdamp het.
Verwyder die pan van die hitte en geur met die suurlemoensap.
Proe vir sout en peper.
Roer nou die pietersielie.

Bedien met roosterbrood of pasta of as ’n doopsous.



(foto: QVRP)

No comments :

Post a Comment