Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/12/2020

Rooiwyn-en-sampioen pasta

250 g pasta van jou keuse
Olie
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
1 teelepel gemaalde paprika
2 teelepels oreganum
¼ teelepel gemaalde kaneel
250 g sampioene in skywe gesny
1 blikkie gekapte tamaties
’n hand vol basiliekruid, in stukkies geskeur
½ koppie rooiwyn
1 eetlepel tamatiepasta
4 eetlepels bruinsuiker
Sout en peper na smaak

Kook die pasta volgens aanwysings, dreineer en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die paprika, oreganum en kaneel by en meng.
Voeg die sampioene by en braai tot bruin.


Voeg nou die tamaties, basiliekruid, wyn, tamatiepasta en suiker by. Prut vir 10 minute.


Geur na smaak en meng met jou pasta.

No comments :

Post a Comment