360 g bruin broodmeel
140 g wit broodmeel
10 g kitsgis
5 mℓ sout
50 mℓ varkvet, botter of margarien
500 mℓ karringmelk
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in met die vingerpunte tot dit goed gemeng is.
Voeg die karringmelk by en meng goed.
Plaas die deeg op ’n groot vel aluminiumfoelie. Vorm tot ’n ovaal/ovale brood, ongeveer 3 cm dik. Vou dit toe in die foelie en plaas op matige warm kole. Bedek met nog kole. Bak ongeveer 45 minute of tot die brood klaar is.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment