Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/15/2020

Appel-pandoelie / Pandowdy

6 eetlepels ongesoute botter
1,8 kg appels – geskil en ontpit – verkieslik Granny Smith
⅔ koppie bruinsuiker
3 eetlepels koekmeel
1 eetlepel vanilla-ekstrak
2 teelepels fyngemaalde kaneel
½ teelepel sout
Gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
4 cm stuk gemmer, gerasper
1 rol skilfertertdeeg, ontdooi
Strooisuiker

Verhit die oond tot 220°C.

Smelt die botter in ’n souspan en kook tot borrelend en goudkleurig. Roer gereeld. Dit neem omtrent 5 minute.

Voeg die suiker, meel, vanilla, kaneel en sout by die appel.
Voeg die skil en sap van halwe suurlemoen by, asook die gemmer.
Meng met jou hande en drup al die botter behalwe twee eetlepels oor.
Skep in ’n oondbak.

Strooi bietjie meel oor jou werkoppervlak en rol die deeg effens uit. Sny in stukke van 1½ cm.
Pak die stukkies deeg op die appels. Gebruik al die deeg.
Verf die deeg met die orige botter. Strooi liggies strooisuiker oor.
Bak tot die deeg opgepof en goudkleurig is. Omtrent 25 tot 30 minute.

Stel nou die hitte laer tot op 180°C . Bak tot die sous verdik en borrel. Dit neem nog 30 tot 35 minute.

Neem nou ’n eetlepel en druk die deeg in die sap in. Moet dit egter nie onderdompel nie.
Laat dit effens afkoel.

Bedien met vanillaroomys of room.

No comments :

Post a Comment