Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/04/2020

Blinde vink / Blinde vinken / Beef Olive

8 dun snye kalfsvleis
Sout
2 eiers, geskei
2 snye droë witbrood, verkrummel
120 g gemaalde kalfsvleis
½ teelepel witpeper
½ teelepel swartpeper
¼ teelepel neutmuskaat
2 eetlepels suurlemoensap
1 koppie broodkrummels
4 eetlepels botter
8 skywe suurlemoen
Pietersielie

Strooi sout oor die snye kalfsvleis en laat staan in die yskas vir ten minste 15 minute.

Klits die eiergele en week die brood daarin.

Meng die brood, maalvleis, peper, neutmuskaat en suurlemoensap.
Verdeel die mengsel in 8 en smeer op die skywe kalfsvleis.
Rol die skywe op en steek vas met ’n tandestokkie.
Klits die eierwitte saam met ’n bietjie water. Smeer die rolletjies kalfsvleis daarmee.
Strooi broodkrummels oor elke rolletjie.
Verhit die botter in ’n pan. Verbruin die rolletjies in die botter. Maak seker dit is reg rondom gebraai. Hou eenkant.

Wanneer al die rolletjies gebruik is gooi jy bietjie water in die pan.
Plaas die rolletjies terug in die pan en dan die suurlemoenskywe. Jy sal dalk eers nog bietjie botter in die pan moet smelt.
Stel die hitte laer en prut bedek vir 40 minute. Loer net na die vloeistof in die pan so af en toe. Gooi nog bietjie water by indien nodig ... of witwyn.

Wanneer die blinde vinke gereed is haal jy dit uit die pan, verwyder die tandestokkies, gooi die pansappe oor die vinke en garneer met gekapte pietersielie.


No comments :

Post a Comment