Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/01/2020

Blini / Blin / Bliny

1 koppie koekmeel
¾ teelepel sout
1 eier
½ teelepel bakpoeier
230 mℓ melk
1 eetlepel ongesoute botter, gesmelt

Meng die meel, sout en bakpoeier.

Gebruik ’n ballonklitser om die melk, eier en botter saam te klits in ’n aparte bak.
Meng dit nou by die meelmengsel.

Verhit 1 eetlepel botter in ’n pan. Drup een eetlepel beslag op ’n keer in die pan. Kook tot dit borrels begin vorm.
Draai dan om en verbruin aan die ander kant.
Skep uit op ’n bord uitgevoer met papierhanddoek.


No comments :

Post a Comment