Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2020

Visbobotie

1 kg gevlokte, gaar stokvis
1 uie, fyngekap
25 mℓ botter/olie
1 dik sny brood
250 mℓ melk
12,5 mℓ appelkooskonfyt
50 mℓ suurlemoensap
75 g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 mℓ kerriepoeier
12 amandels, in kwarte gesny
5 mℓ sout
2 mℓ peper
6 lourierblare (suurlemoenblare kan ook gebruik word)
2 eiers

Soteer die uie in die botter/olie.

Week die brood in die helfte van die melk.
Meng alle bestanddele behalwe die res van die melk, die eiers en die lourierblare.
Skep die mengsel in ’n oondbak en druk die lourierblare in.

Klits die orige melk en die eiers saam.
Giet oor die vleis.
Bak ongeveer 45 minute lank by 180°C.


Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute.

No comments :

Post a Comment